
Vir Matrieks wat Afrikaans as Eerste Addisionele Taal (EAT) neem. Die gedigte word visueel en speels oorgedra, met musiek, karakters en 'n bietjie rap, sodat die betekenis bly vassit lank na die voorstelling.
Poësieprogramme vir Matrieks, 2027
Leerders is maar altyd bra skrikkerig vir poësie. Ons speel die voorgeskrewe Graad 12-gedigte op die verhoog sodat hulle dit verstaan, onthou en selfs geniet. En ons kom na jou skoolsaal toe, so niemand hoef bus te ry nie.
Vir Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal.
Die programme
Skole kan enige van die twee produksies bespreek. Albei word aangebied deur Phillru van Achterbergh.

Vir Matrieks wat Afrikaans as Eerste Addisionele Taal (EAT) neem. Die gedigte word visueel en speels oorgedra, met musiek, karakters en 'n bietjie rap, sodat die betekenis bly vassit lank na die voorstelling.

Vir Matrieks wat Afrikaans as Huistaal neem. Dieselfde energie, dieper in die gedigte in. Leerders sien hoe die beelde en stemme in elke gedig werk, en onderwysers kry 'n paar nuwe truuks vir die klaskamer.
Vir onderwysers
Ons nooi alle Afrikaanse onderwysers, departementshoofde, skoolhoofde, vakhoofde, BL-lede en hoofleiers om 'n voorskou van Verskuns of Verse in my Inboks gratis by te woon, met die oog op volgende jaar se besprekings.
Vul die kort vormpie in en nomineer gerus jou kollegas. Sodra ons dit ontvang, kry almal 'n formele uitnodiging.
Please forward this to your Afrikaans department. Teachers receive free invitations to previews of Verskuns and Verse in my Inboks.

Die akteur
Jy ken hom dalk as die dwelmsmous op Binnelanders, of as die aanbieder van Skaterlag op VIA. Hy het die ouer Benjamin/Lukas in Fiela se Kind gespeel en is die hoofsanger en stigter van die rockband Van Kose. Die kinders sal hom beslis herken van die trefferliedjie Dans in die reën.
In die klas is hy op sy beste: speels, vinnig en baie goed daarmee om 'n gedig in iets te verander wat jy kan sien.
Ons gehore se menings
Van 'n onlangse voorstelling by HTS Witbank.
Ons kinders wat die produksie bygewoon het, het dit vreeslik geniet. Kinders vind poësie baie vervelig en hulle verstaan dit nie altyd so mooi nie. Om dit visueel te kan sien en te ervaar, is net soveel beter. Ek het selfs 'n paar "tips" opgetel en ek gaan dit beslis in my klas implementeer. Phillru het dit regtig so goed gedoen en hy het die leerders vir 75 minute in die palm van sy hand gehad!
I liked the rapping part where everybody stood up and danced with the actor. I learned a lot about our poetry and it definitely made the poems easy to understand. All schools must see Verskuns!
Ek moet sê ek het lekker saamgesing met Toe vind ek jou. Die Heks van Hexrivier was my gunsteling. Die manier hoe hy ingekom het, was regtig baie snaaks en almal het lekker gelag.



Ook van Lefra Produksies

Ons eie teaterklub is oppad, met groot besparings en VIP-behandeling. Skakel Monica Booysen by 011 815 3000 vir meer inligting.
Van Loveren, ons trotse wynvennoot, is onlangs erg getref deur die vloed in die Robertson Vallei. Die vloedwyne is by Food Lover's Market te koop. Lefra-gehore kry 10% af op alle Van Loveren wyne en produkte, en gratis aflewering as jy twee kissies (12 bottels) bestel.
Hou vakansie saam met jou gunsteling Afrikaanse kunstenaars aanboord die MSC Armonia, Durban na Mosambiek, 14 tot 19 Februarie 2027. Meer as 30 top Afrikaanse teaterproduksies op een kunsskippie.
Koop 'n tombola-kaartjie van R250 en staan 'n kans om 'n kajuit vir twee op Oppiwater te wen, ter waarde van ongeveer R25 000. Jy ondersteun terselfdertyd die uitvoerende kunste in Suid-Afrika.
Van komedies tot musiekvertonings: bespreek enige van ons produksies vir jou stad, dorp, skool of kerk.
Besprekings
Skole kan Verse in my Inboks of Verskuns bespreek. Direkte besprekings kan ook op die webtuiste gedoen word.
Plakkaat vir die personeelkamer. Druk dit uit of stuur dit aan na jou Afrikaanse departement.
Laai die plakkaat af